Wednesday, November 19, 2008

Die Bekende Onbekende God


Hoe baie hoor ons nie in die mitologie en onder die Afrika en Asiatiese volke nie van die Onbekende God wat deur hul vereer word nie.

Hulle weet dat daar ’n Grote en Almagtige God heers oor die hele skepping maar Hy was en is steeds onbekend aan hulle.
Alhoewel hulle later geleer en kennis gemaak het met die Onbekende God deur die sendeling, het hulle Hom steeds nie aanvaar as die Onbekende God wat hulle deur die eeue vereer het nie. Hulle het Hom nie herken vir wie Hy is nie, want dan was Hy nie meer die Onbekende God nie.

Was dit met ’n doel dat Vader dit so beskik het dat hulle Hom nie herken of aanvaar het nie? Was dit hulle nie beskore om Hom te herken as die Onbekende God nie omdat Hy nie vir hulle gekom het nie maar slegs vir die verlore skape van Sy volk?
Sekerlik kan dit een van die redes wees want Hy kon Homself in Sy Almag aan hulle openbaar het as Hy wou.

Maar hoe is dit gestel met die verlore skape van Sy volk, die Israel volk, waar sekerlik die Almagtige tog moet heet as die Bekende God wat Sy volk behoort te herken, bemin en lief te hê.
Hoeveel van Sy eie het Hom die rug gekeer en wil Vader nie erken as die Ewige Almagtige wat uitred met ’n sterke Hand nie.

Vir Sy eie volk het Hy die Bekende Onbekende God geword. Ek weet van Hom maar ek wil Hom nie ken nie.

Meer genade sal daar sekerlik in die laaste dae openbaar word vir hom wat nie geken het nie maar tog aanvaar het die Onbekende God as vir hom wat die Bekende Onbekende God geken en verwerp het.
Saam in die duisternis sal hy uitgewerp word met die verfoeilike.

Tuesday, November 11, 2008

Die Legkaart


Dit gebeur nie baie dat wat ek hier skryf ek oop op my ander blog van daaglikse inspirasie plaas nie maar die gedeelte wat Vader aan my geskenk het was weereens net so belangrik dat ek dit beide kant opsit want in die tye waarin Vader ons nou inneem is daar nie tyd en plek vir ek is belangriker as jy nie nie. Daar is net een belangrike en dit is ons Ewige Dierbare Liefdevolle Vader. Hoe kan die kneg wat moet werk in die wingerd homself dan belangrik wil hou voor die Meester. Laat ons arbei en ophou stry oor wie is meer belangriker want in die volmaakte liefde is die naaste altyd belangriker as jyself.

Soos ’n legkaart lê die stukke verspreid op Sy tafel van Barmhartigheid. Met bedrewe hand van liefde word elke stukkie perfek op sy plekkie geplaas.

Sommige stukke belangrik want dit vorm die raamwerk van die legkaart beeld. Ander nie so belangrik en opsigtelik nie maar steeds voltooi hul die geheel van die skouspelagtige beeld wat Vader in Sy Grootheid ontvou.

Die perfektheid sal ontbreek in die afwesigheid van slegs een ou stukkie en dus is daar in Vader se legkaart prentjie geen stukkie wat misbaar is nie. Sy prentjie is totaal volledig.

Verbly jou in die deel wat jy daarin het sonder om jouself te verhef na ‘n belangriker status as waarvoor jy bestem is. Want jy is gemaak vir die plek waar jy moet inpas in die legkaart en so is dit gewil deur God.

Thursday, November 6, 2008

Amerika


O, blinde wêreld, maak oop jou oë, het wat eens 'n magtige Egipte ook nie in vodde verval toe daar oor sy ryk ’n swart Farao aangestel is nie.
Wat laat julle dink dat dit enigsins anders sal gaan met wat eens 'n magtige Amerika.
Sy ondergangs klokke het sopas begin te lui saam met die vreugdes klokke van sy nuwe president.

Bloedbruilof van ons Tyd


Kyk sodra die Rooms-Katoliek en die Protestant weer ’n ooreenkoms sluit sal die nuwe bloedbruilof aanbreek van my Israel volk en sal hul moet haas om te vlug na die land van vlerkgegons, die land anderkant die riviere van Kush.

Daar sal julle bewaar word deur die Hand en Genade van die Almagtige YAHWEH.

Wanneer jy die stem van jou Skepper hoor, haas jou en moet nie talm nie, want dan reeds is die tyd kort.

Tuesday, October 28, 2008

Die Begeerlikhede en Oortredinge van die Vlees.


Hoe maklik het dit tog nie vir die adamiet geword sy sondes en oortredinge voor die deur van sy vleeslike liggaam te plaas. Die swakheid van die vlees om die sondes van die wêreld te weerstaan het so algemeen geraak asof alles die liggaam se skuld is. Dit is ingebou in die menslike natuur.
So asof die adamiet die mentaliteit van ‘n dier het wat redeloos en sonder verantwoording kan optree.

Waar moet ons die skuldige gaan soek wat die liggaam lei om te oortree en te sondig – by die natuur van die liggaam self? Of eerder by die siel?

Die liggaam is aan ons geskenk deur die Almagtige Skepper YHWH as ‘n tydelike houer vir ons siel en gees. Die liggaam slyt en gaan tot niet, maar nie die siel en gees nie.

Die gees is die stukkie van die Goddelike Gees wat in ons woon en wat ons kan laat groei tot die grootse genade van die Almagtige of ons kan dit afskeep en dit so diep bêre dat dit nie meer tot ons spreuk nie. Die gees is dit wat ons onderskei van al die ander wesens wat geskape is en dit is die stukkie Goddelikheid in ons. Aan ons word die keuse gebied om die stukkie heerlikheid te laat groei sodat dit later totaal beheer oorneem van ons lewe en dat ons oorgaan van ‘n staat van harde materie na ‘n staat van Gees waar ons in die volkome liefde van God wandel.
Of ons kan dit laat afsny uit ons lewe sodat alles net klipharde materie is en geen gees – dan het ons geword soos al die ander skepsele van die skepping.

Die wonder van YHWH se liefde is dat Hy die keuse aan die adamiet self gelos het – want daarin is opgesluit die opregte liefde – om lief te hê omdat jy wil en nie omdat jy moet nie.

Watter absurditeit is dit tog nie om die skuld vir die swakheid van die siel te plaas op die vlees.
Dwaal jou oë maar vanself na die verkeerde dinge, of luister jou ore uit vrye wil na dit wat onwelvoeglik is, spreek jou mond vanself dit wat vieslik is of hardloop jou bene vanself agter die kwaad aan? Die liggaam hardloop tog nie vanself om te gaan hoereer nie – daar moet ‘n wils besluit wees vir die liggaam om die aksies uit te voer.

Die vlees (liggaam) begeer slegs om versorg en gevoed te word. Nie om gemanipuleer te word deur die siel as ‘n instrument tot sonde nie.

Nou as dit nie die liggaam is nie dan moet daar tog iets of iemand wees wat vir die vlees voorskryf wat om te doen of nie te doen nie.

Die liggaam gaan nie iets doen wat aan homself skade berokken nie want dit is so gebou om homself te preserveer en die inhoud daarbinne te beskerm. Die liggaam se natuurlike instink is gebaseer op oorlewing. Maar die liggaam kan ook so gekondisioneer word om sekere dinge tot so mate te geniet dat dit later daarvan afhanklik raak. Die liggaam dink hy het dit nodig vir oorlewing want die besluit vann die siel het die liggaam mislei.

Alles lê in die siel – as die siel suiwer is sal dit verkleef wees aan die gees en saam groei tot ‘n genade eenheid voor God en sal die liggaam moet volg in dit wat die siel vir hom voorskryf.

Maar as die siel bedorwe en korrup is staan dit alleen en die Goddelike influistering is nie daar nie en die siel neig homself na die bose – dit word dan ook weerspieël in die optrede van die liggaam.

Dus as die siel rein is sal die optrede van die liggaam ook rein wees maar as die siel besoedeld is sal die optrede van die liggaam ook besoedeld wees.

Moet dus nie weer die verskoning gebruik dat jy toegegee het aan die vleeslike behoefte van die liggaam nie – want dit is ‘n leuen – die liggaam word geoefen deur die siel wat die optrede, hetsy goed of sleg bepaal.

Wednesday, October 15, 2008

Opvolg op Hartkloppings


Laas het ek vertel van die hartkloppings wat my so geteister het en hoe ek Vader gevra het om die benoudheid en hartkloppings weg te neem.
Dit was weg vir ‘n wyle en een aand is dit skielik weer terug.

Eerste reaksie – vertwyfeling – hoe is dit moontlik? Vader het my dan genees en hier is dit weer terug – was ek werklik genees of het ek my net verbeel.
(snaaks hoe die mens se eerste reaksie gewoonlik is – “Maar het God my nou in die steek gelaat?)

Dankbaar het die vaste geloof in Yahweh gou weer alle vertwyfeling verdryf en ek moes Vader vra wat die probleem was.
Onmiddellik het die “gedagte” my te binne geskiet – die drankie wat ek in die aande na werk drink wanneer ek by die huis kom.

Nou, ek is nie ‘n groot drinker nie maar geniet my een soms twee sopies brandewyn in die aand wanneer ek van die werk af kom. Dit laat my lekker ontspan en mens vergeet sommer gou van al die probleme wat mens deur die dag ondervind het.

Saam met die “bewus wording” dat dit moontlik die brandewyn is wat die hartkloppings aanbring was daar ook die lering dat Hy soms ons liggaam gebruik as waarskuwings meganisme teen goed wat nie goed is vir ons of inmeng in ons verhouding met die Almagtige.

Ek het die volgende aand glad nie ‘n drankie gedrink nie en daar was geen hartkloppings nie. Die daaropvolgende aand besluit ek om weer ‘n drankie te drink om te bevestig dit wat aan my “ingefluister” is. (ai, hoekom mens nie maar net eenvoudig kan glo nie maar ons wil mos voortdurend konkrete bewyse kry)
Die keer was die hartkloppings erger as die vorige kere en dit was my konkrete bewys dat dit wat Vader aan my openbaar het wel so is.

Die brandewyn het ek nou maar liewers heel laat vaar en daarmee saam is die hartkloppings ook weg. Daarvoor loof ek die Ewige, Almagtige en Barmhartige God vir Sy genade.

Afleiding: Die brandewyn het begin om ‘n struikelblok te raak want dit het my lekker laat ontspan na ‘n hard lang dag se werk en ek moes my eerder verheug in God se Liefde en Genade en Hom dank betuig dat ek steeds kan werk.

Friday, October 3, 2008

Verjaarsdag


Ja, en so het nog ‘n verjaarsdag gekom en gegaan en noodwendig dink mens meer terug oor jou lewe hoe ouer jy word. Jy wonder hoe sou dit gewees het as jy dit of dat gedoen het – wat sou die uiteinde daarvan wees.

Soms is mens spyt oor dinge wat jy gedoen het of dinge wat jy nie gedoen het nie maar te midde van dit alles is daar ‘n vrede en geluksaligheid met my lot wat net Vader aan my kan skenk.

Soms is mens vies vir jouself omdat jy nie die grond of daardie huis gekoop het nie, want dan kon jy vandag baie geld daarmee gemaak het. Gelukkig ken mens ook jouself en soms is dit pynlike om die eie foute en tekortkominge te erken.
Want as ek ryk moes wees weet ek hoe ‘n mens ek sou wees – hoogmoedig – soos baie rykes is en daarom kan ek Vader dank dat Hy my nie ryk gemaak het sodat ek in my hoogmoedigheid Hom sou versaak of bespot het nie.

Maar daar is een ding waaroor ek werklik spyt is en dit is dat ek YHWH se groot en Almagtige Genadige Liefde eers werklik in die laaste paar jare leer ken het en ek besef vandag eers werklik hoeveel ek reeds gemis het. Hoeveel verder kon ek nie al gestaan het op die pad van geestelike groei nie.

Dis soos ‘n ou wat verlam is en in sy huis gekluister is – jare terug het hulle al vir hom vertel dat daar rolstoele is waarmee hy oor die weg kan kom en so bietjie uit die huis uit kan kom om die buitelug en –lewe te ervaar, maar hy was bevrees vir die rolstoel ding. Op ‘n dag het die dokter hom meegedeel dat sy tydjie maar kort hier op aarde en hy het besluit dis nou of nooit. Hy het ‘n rolstoel in die hande gekry en het die wêreld buite sy ingekluisterde huis gaan verken.
Dit was die mees wonderlikste ervaring wat hy gehad het en kon nie genoeg kry van die heerlikheid van die buitelug nie.
Nou is hy in twee gedagtes oor die hele episode – omdat sy tydjie wat oor is so kort is en hy besluit om die kans te waag, nou is dit vir hom heerlik en wonderbaar – as hy dit al jare vroeër gedoen het kon hy al so baie geniet het – maar die vraag is ook – sou hy dit nie nou al gewoond gewees het nie en dan sou dit nie nou so ‘n wonderlike ervaring vir hom gewees het nie?

Is jy bly oor dit wat jy nou ontdek het en geniet dit ten volle of is jy ongelukkig omdat jy dit nie lankal ontdek het nie en tob nou die heeltyd oor die verlies.