Tuesday, November 11, 2008

Die Legkaart


Dit gebeur nie baie dat wat ek hier skryf ek oop op my ander blog van daaglikse inspirasie plaas nie maar die gedeelte wat Vader aan my geskenk het was weereens net so belangrik dat ek dit beide kant opsit want in die tye waarin Vader ons nou inneem is daar nie tyd en plek vir ek is belangriker as jy nie nie. Daar is net een belangrike en dit is ons Ewige Dierbare Liefdevolle Vader. Hoe kan die kneg wat moet werk in die wingerd homself dan belangrik wil hou voor die Meester. Laat ons arbei en ophou stry oor wie is meer belangriker want in die volmaakte liefde is die naaste altyd belangriker as jyself.

Soos ’n legkaart lĂȘ die stukke verspreid op Sy tafel van Barmhartigheid. Met bedrewe hand van liefde word elke stukkie perfek op sy plekkie geplaas.

Sommige stukke belangrik want dit vorm die raamwerk van die legkaart beeld. Ander nie so belangrik en opsigtelik nie maar steeds voltooi hul die geheel van die skouspelagtige beeld wat Vader in Sy Grootheid ontvou.

Die perfektheid sal ontbreek in die afwesigheid van slegs een ou stukkie en dus is daar in Vader se legkaart prentjie geen stukkie wat misbaar is nie. Sy prentjie is totaal volledig.

Verbly jou in die deel wat jy daarin het sonder om jouself te verhef na ‘n belangriker status as waarvoor jy bestem is. Want jy is gemaak vir die plek waar jy moet inpas in die legkaart en so is dit gewil deur God.