Monday, December 8, 2008

Die Bespotting van Gode


Die volgende vraag het by my opgekom:
Hoekom baklei die Moslems so geweldig sodra daar enige bespotting plaasvind van hul god Allah of hul profeet Mohammed?
Terwyl die gelowiges weinige of geen reaksie openbaar wanneer die Waaragtige God van Hemel en Aarde bespot word deur die wêreld nie.
Is ons as gelowiges ook nie veronderstel om die swaard op te neem wanneer ons God gelaster en bespot word nie?

Die antwoord wat ek gekry het:
Die Moslems en ander gelowe aanbid ’n dooie god wat nie in staat is om die mense te straf vir hul bespotting en lastering nie en daarom moet die dienaars van die dooie gode self die wraak in eie hand neem namens hulle afgod.
Daar teenoor dien ons die Lewende Waaragtige God wat self die wraak kan uitoefen oor Sy vyande en het nie mense nodig om die stryd namens Hom te stry nie.
Aan Hom kom die wraak en die straf toe.

Wednesday, November 19, 2008

Die Bekende Onbekende God


Hoe baie hoor ons nie in die mitologie en onder die Afrika en Asiatiese volke nie van die Onbekende God wat deur hul vereer word nie.

Hulle weet dat daar ’n Grote en Almagtige God heers oor die hele skepping maar Hy was en is steeds onbekend aan hulle.
Alhoewel hulle later geleer en kennis gemaak het met die Onbekende God deur die sendeling, het hulle Hom steeds nie aanvaar as die Onbekende God wat hulle deur die eeue vereer het nie. Hulle het Hom nie herken vir wie Hy is nie, want dan was Hy nie meer die Onbekende God nie.

Was dit met ’n doel dat Vader dit so beskik het dat hulle Hom nie herken of aanvaar het nie? Was dit hulle nie beskore om Hom te herken as die Onbekende God nie omdat Hy nie vir hulle gekom het nie maar slegs vir die verlore skape van Sy volk?
Sekerlik kan dit een van die redes wees want Hy kon Homself in Sy Almag aan hulle openbaar het as Hy wou.

Maar hoe is dit gestel met die verlore skape van Sy volk, die Israel volk, waar sekerlik die Almagtige tog moet heet as die Bekende God wat Sy volk behoort te herken, bemin en lief te hê.
Hoeveel van Sy eie het Hom die rug gekeer en wil Vader nie erken as die Ewige Almagtige wat uitred met ’n sterke Hand nie.

Vir Sy eie volk het Hy die Bekende Onbekende God geword. Ek weet van Hom maar ek wil Hom nie ken nie.

Meer genade sal daar sekerlik in die laaste dae openbaar word vir hom wat nie geken het nie maar tog aanvaar het die Onbekende God as vir hom wat die Bekende Onbekende God geken en verwerp het.
Saam in die duisternis sal hy uitgewerp word met die verfoeilike.

Tuesday, November 11, 2008

Die Legkaart


Dit gebeur nie baie dat wat ek hier skryf ek oop op my ander blog van daaglikse inspirasie plaas nie maar die gedeelte wat Vader aan my geskenk het was weereens net so belangrik dat ek dit beide kant opsit want in die tye waarin Vader ons nou inneem is daar nie tyd en plek vir ek is belangriker as jy nie nie. Daar is net een belangrike en dit is ons Ewige Dierbare Liefdevolle Vader. Hoe kan die kneg wat moet werk in die wingerd homself dan belangrik wil hou voor die Meester. Laat ons arbei en ophou stry oor wie is meer belangriker want in die volmaakte liefde is die naaste altyd belangriker as jyself.

Soos ’n legkaart lê die stukke verspreid op Sy tafel van Barmhartigheid. Met bedrewe hand van liefde word elke stukkie perfek op sy plekkie geplaas.

Sommige stukke belangrik want dit vorm die raamwerk van die legkaart beeld. Ander nie so belangrik en opsigtelik nie maar steeds voltooi hul die geheel van die skouspelagtige beeld wat Vader in Sy Grootheid ontvou.

Die perfektheid sal ontbreek in die afwesigheid van slegs een ou stukkie en dus is daar in Vader se legkaart prentjie geen stukkie wat misbaar is nie. Sy prentjie is totaal volledig.

Verbly jou in die deel wat jy daarin het sonder om jouself te verhef na ‘n belangriker status as waarvoor jy bestem is. Want jy is gemaak vir die plek waar jy moet inpas in die legkaart en so is dit gewil deur God.

Thursday, November 6, 2008

Amerika


O, blinde wêreld, maak oop jou oë, het wat eens 'n magtige Egipte ook nie in vodde verval toe daar oor sy ryk ’n swart Farao aangestel is nie.
Wat laat julle dink dat dit enigsins anders sal gaan met wat eens 'n magtige Amerika.
Sy ondergangs klokke het sopas begin te lui saam met die vreugdes klokke van sy nuwe president.

Bloedbruilof van ons Tyd


Kyk sodra die Rooms-Katoliek en die Protestant weer ’n ooreenkoms sluit sal die nuwe bloedbruilof aanbreek van my Israel volk en sal hul moet haas om te vlug na die land van vlerkgegons, die land anderkant die riviere van Kush.

Daar sal julle bewaar word deur die Hand en Genade van die Almagtige YAHWEH.

Wanneer jy die stem van jou Skepper hoor, haas jou en moet nie talm nie, want dan reeds is die tyd kort.

Tuesday, October 28, 2008

Die Begeerlikhede en Oortredinge van die Vlees.


Hoe maklik het dit tog nie vir die adamiet geword sy sondes en oortredinge voor die deur van sy vleeslike liggaam te plaas. Die swakheid van die vlees om die sondes van die wêreld te weerstaan het so algemeen geraak asof alles die liggaam se skuld is. Dit is ingebou in die menslike natuur.
So asof die adamiet die mentaliteit van ‘n dier het wat redeloos en sonder verantwoording kan optree.

Waar moet ons die skuldige gaan soek wat die liggaam lei om te oortree en te sondig – by die natuur van die liggaam self? Of eerder by die siel?

Die liggaam is aan ons geskenk deur die Almagtige Skepper YHWH as ‘n tydelike houer vir ons siel en gees. Die liggaam slyt en gaan tot niet, maar nie die siel en gees nie.

Die gees is die stukkie van die Goddelike Gees wat in ons woon en wat ons kan laat groei tot die grootse genade van die Almagtige of ons kan dit afskeep en dit so diep bêre dat dit nie meer tot ons spreuk nie. Die gees is dit wat ons onderskei van al die ander wesens wat geskape is en dit is die stukkie Goddelikheid in ons. Aan ons word die keuse gebied om die stukkie heerlikheid te laat groei sodat dit later totaal beheer oorneem van ons lewe en dat ons oorgaan van ‘n staat van harde materie na ‘n staat van Gees waar ons in die volkome liefde van God wandel.
Of ons kan dit laat afsny uit ons lewe sodat alles net klipharde materie is en geen gees – dan het ons geword soos al die ander skepsele van die skepping.

Die wonder van YHWH se liefde is dat Hy die keuse aan die adamiet self gelos het – want daarin is opgesluit die opregte liefde – om lief te hê omdat jy wil en nie omdat jy moet nie.

Watter absurditeit is dit tog nie om die skuld vir die swakheid van die siel te plaas op die vlees.
Dwaal jou oë maar vanself na die verkeerde dinge, of luister jou ore uit vrye wil na dit wat onwelvoeglik is, spreek jou mond vanself dit wat vieslik is of hardloop jou bene vanself agter die kwaad aan? Die liggaam hardloop tog nie vanself om te gaan hoereer nie – daar moet ‘n wils besluit wees vir die liggaam om die aksies uit te voer.

Die vlees (liggaam) begeer slegs om versorg en gevoed te word. Nie om gemanipuleer te word deur die siel as ‘n instrument tot sonde nie.

Nou as dit nie die liggaam is nie dan moet daar tog iets of iemand wees wat vir die vlees voorskryf wat om te doen of nie te doen nie.

Die liggaam gaan nie iets doen wat aan homself skade berokken nie want dit is so gebou om homself te preserveer en die inhoud daarbinne te beskerm. Die liggaam se natuurlike instink is gebaseer op oorlewing. Maar die liggaam kan ook so gekondisioneer word om sekere dinge tot so mate te geniet dat dit later daarvan afhanklik raak. Die liggaam dink hy het dit nodig vir oorlewing want die besluit vann die siel het die liggaam mislei.

Alles lê in die siel – as die siel suiwer is sal dit verkleef wees aan die gees en saam groei tot ‘n genade eenheid voor God en sal die liggaam moet volg in dit wat die siel vir hom voorskryf.

Maar as die siel bedorwe en korrup is staan dit alleen en die Goddelike influistering is nie daar nie en die siel neig homself na die bose – dit word dan ook weerspieël in die optrede van die liggaam.

Dus as die siel rein is sal die optrede van die liggaam ook rein wees maar as die siel besoedeld is sal die optrede van die liggaam ook besoedeld wees.

Moet dus nie weer die verskoning gebruik dat jy toegegee het aan die vleeslike behoefte van die liggaam nie – want dit is ‘n leuen – die liggaam word geoefen deur die siel wat die optrede, hetsy goed of sleg bepaal.

Wednesday, October 15, 2008

Opvolg op Hartkloppings


Laas het ek vertel van die hartkloppings wat my so geteister het en hoe ek Vader gevra het om die benoudheid en hartkloppings weg te neem.
Dit was weg vir ‘n wyle en een aand is dit skielik weer terug.

Eerste reaksie – vertwyfeling – hoe is dit moontlik? Vader het my dan genees en hier is dit weer terug – was ek werklik genees of het ek my net verbeel.
(snaaks hoe die mens se eerste reaksie gewoonlik is – “Maar het God my nou in die steek gelaat?)

Dankbaar het die vaste geloof in Yahweh gou weer alle vertwyfeling verdryf en ek moes Vader vra wat die probleem was.
Onmiddellik het die “gedagte” my te binne geskiet – die drankie wat ek in die aande na werk drink wanneer ek by die huis kom.

Nou, ek is nie ‘n groot drinker nie maar geniet my een soms twee sopies brandewyn in die aand wanneer ek van die werk af kom. Dit laat my lekker ontspan en mens vergeet sommer gou van al die probleme wat mens deur die dag ondervind het.

Saam met die “bewus wording” dat dit moontlik die brandewyn is wat die hartkloppings aanbring was daar ook die lering dat Hy soms ons liggaam gebruik as waarskuwings meganisme teen goed wat nie goed is vir ons of inmeng in ons verhouding met die Almagtige.

Ek het die volgende aand glad nie ‘n drankie gedrink nie en daar was geen hartkloppings nie. Die daaropvolgende aand besluit ek om weer ‘n drankie te drink om te bevestig dit wat aan my “ingefluister” is. (ai, hoekom mens nie maar net eenvoudig kan glo nie maar ons wil mos voortdurend konkrete bewyse kry)
Die keer was die hartkloppings erger as die vorige kere en dit was my konkrete bewys dat dit wat Vader aan my openbaar het wel so is.

Die brandewyn het ek nou maar liewers heel laat vaar en daarmee saam is die hartkloppings ook weg. Daarvoor loof ek die Ewige, Almagtige en Barmhartige God vir Sy genade.

Afleiding: Die brandewyn het begin om ‘n struikelblok te raak want dit het my lekker laat ontspan na ‘n hard lang dag se werk en ek moes my eerder verheug in God se Liefde en Genade en Hom dank betuig dat ek steeds kan werk.

Friday, October 3, 2008

Verjaarsdag


Ja, en so het nog ‘n verjaarsdag gekom en gegaan en noodwendig dink mens meer terug oor jou lewe hoe ouer jy word. Jy wonder hoe sou dit gewees het as jy dit of dat gedoen het – wat sou die uiteinde daarvan wees.

Soms is mens spyt oor dinge wat jy gedoen het of dinge wat jy nie gedoen het nie maar te midde van dit alles is daar ‘n vrede en geluksaligheid met my lot wat net Vader aan my kan skenk.

Soms is mens vies vir jouself omdat jy nie die grond of daardie huis gekoop het nie, want dan kon jy vandag baie geld daarmee gemaak het. Gelukkig ken mens ook jouself en soms is dit pynlike om die eie foute en tekortkominge te erken.
Want as ek ryk moes wees weet ek hoe ‘n mens ek sou wees – hoogmoedig – soos baie rykes is en daarom kan ek Vader dank dat Hy my nie ryk gemaak het sodat ek in my hoogmoedigheid Hom sou versaak of bespot het nie.

Maar daar is een ding waaroor ek werklik spyt is en dit is dat ek YHWH se groot en Almagtige Genadige Liefde eers werklik in die laaste paar jare leer ken het en ek besef vandag eers werklik hoeveel ek reeds gemis het. Hoeveel verder kon ek nie al gestaan het op die pad van geestelike groei nie.

Dis soos ‘n ou wat verlam is en in sy huis gekluister is – jare terug het hulle al vir hom vertel dat daar rolstoele is waarmee hy oor die weg kan kom en so bietjie uit die huis uit kan kom om die buitelug en –lewe te ervaar, maar hy was bevrees vir die rolstoel ding. Op ‘n dag het die dokter hom meegedeel dat sy tydjie maar kort hier op aarde en hy het besluit dis nou of nooit. Hy het ‘n rolstoel in die hande gekry en het die wêreld buite sy ingekluisterde huis gaan verken.
Dit was die mees wonderlikste ervaring wat hy gehad het en kon nie genoeg kry van die heerlikheid van die buitelug nie.
Nou is hy in twee gedagtes oor die hele episode – omdat sy tydjie wat oor is so kort is en hy besluit om die kans te waag, nou is dit vir hom heerlik en wonderbaar – as hy dit al jare vroeër gedoen het kon hy al so baie geniet het – maar die vraag is ook – sou hy dit nie nou al gewoond gewees het nie en dan sou dit nie nou so ‘n wonderlike ervaring vir hom gewees het nie?

Is jy bly oor dit wat jy nou ontdek het en geniet dit ten volle of is jy ongelukkig omdat jy dit nie lankal ontdek het nie en tob nou die heeltyd oor die verlies.

Sunday, September 21, 2008

Dirk van Vuuren en Dogter van Sion

Miskien moet ek sommer hier ook ‘n ander saak aanspreek wat vir my ‘n groot kwelling is en my tot groot hartseer stem.
Dit is die dat so baie hul skielik distansieer van Dirk en Die Dogter van Sion – moet vir geen oomblik dink dat wat daar tans gebeur ek eenstemmig mee is nie. Dit het ek ook aan die heel begin (van die hele Lydenburg sage) vir Dirk te kenne gegee in ‘n epos aan hom.
Maar nou word alles waaraan hulle gewerk of geraak het as besoedel beskou soos die Boek van Herinnering, van die Lorber geskrifte en ander stukke wat deur Dirk hulle opgestel en versprei is.

Ons is nou besig om die kind saam met die badwater uit te gooi. Hoeveel van julle het nie geweldige vreugde geput uit die Boek van Herinnering nie, met al die ander verlore boeke wat weer daarin opgeneem is soos Henog en Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah wat soveel wyshede en leringe bevat. Ja, verseker was daar die verskille oor Paulus maar tog het daar vir baie van ons ‘n nuwe wêreld van geskrifte oopgegaan.
Nou word dit as besoedeld of van die bose beskou omdat ons met Dirk of DvS verskil.

Hoekom verwerp ons nie sommer die hele Bybel nie aangesien die Rooms Katolieke en Satans priesters die Bybel ook onderhandel gehad het tydens die kongres van Niece (1515 as ek reg onthou) en groot veranderinge aangebring het.

Ja, verseker is daar foute in die BvH maar so is daar ook in die Bybel en tog leer die Heilige Gees te midde van die foute die waarheid daaruit.
Ek vir een is dankbaar vir dit wat Dirk en die DvS gedoen het vir die Israeliete in hierdie land en om dit te misken of te verontagsaam is haas onmoontlik. Moenie dit wat goed is verwerp net omdat jy met die persoon verskil nie – dit sal slegs tot jou eie verlies wees.

Die laaste vraag wat ek in hierdie verband wil vra is – waar is die naaste liefde heen wat veronderstel is om in ons as Sy kudde te blom???
Hou ons op om ons naaste lief te hê sodra hy struikel en val of reik ons die hand uit om hom op te help in liefde sonder veroordeling.

Slegs jy kan die vraag vir jouself antwoord.

Die Lorber geskrifte

Ek wil vir geen oomblik die indruk skep dat ek al die geskrifte van Lorber gelees het of hulle totaal verstaan nie. Maar ek wil graag my wedervaringe ten opsigte van die geskrifte met die wat dit wel lees deel, miskien sal dit vir die was soms mismoedig raak met die lees en verstaan van die geskrifte weer nuwe moed gee en inspireer om dit weer op te neem en te lees.

Ek het eers die volle begrip van die liefde begin te verstaan met die lees van Die jeug van Jesus. Ons ken almal die gebod dat ons mekaar moet liefhê soos onsself maar die dieper begrip daarvan is eers vir my oopgebreek tydens die lees van die boek.
Daarna het ek begin met die Openbaring van Johannes en tog moet ek erken dat dit moeilik voedsel is om te verteer.
Na boek 1 het ek dit eers vir ‘n ruk gelos want daar was sekere begrippe wat ek nie kon verstaan nie en dit het my gefrustreerd en mismoedig gelaat.

Ek het die geskrifte vir ‘n wyle eers weer laat staan en gedurende die tyd wat ek dit nie gelees het nie het ek deur die leiding van Vader besef dat ek dalk nog nie reg was vir die ander gedeeltes wat vir my onverstaanbaar was.

Ons Vader sal ons nooit voedsel skenk waarvoor ons nog nie reg is nie en miskien lê die sukses daarvan om dit te verstaan in ‘n paar beginsels opgesluit.
Die eerste is om nie te druk nie want Vader weet wat is die beste vir ons en wanneer is ons reg vir wat – op daardie stadium sal Hy ons terug lei om weer die stukke op te neem en te lees en dan sal dit vir ons verstaanbaar wees.

Ons moet besef dat Vader met ons besig is in ‘n opleidings - of voorbereidings fase sodat ons geskik sal wees vir diens wanneer die tyd aanbreek. Ons elkeen word ook nie teen dieselfde pas en spoed geleer nie want buiten vir dit word ons elkeen vir ‘n ander taak voorberei.

Die tweede is om die lering vanuit die gees te benader en nie vanuit die vlees of materie nie want die materie verstaan nie die lering wat daar vir die gees in die geskrifte in opgesluit is nie.
My eie ervaring is dat ek soms van die stukke lees en vanuit die wêreldse oogpunt maak dit vir my geen sin nie maar die gees binne my herken die lering en verstaan dit – dus verstaan ek dit (in die gees) en tog ook nie (in die vlees). Ek weet dit klink baie snaaks op die oor maar dit is soos baie dinge wat ons as sy kinders deesdae ervaar – daar word vir ons kennis in die gees ingefluister deur die Heilige Gees wat geen sin maak vir die vlees nie.

Miskien wanneer ons meer gees as materie is sal die leringe vir ons in totaliteit sin maak in gees en vlees maar terwyl ons steeds die stryd voer om meer gees te wees as materie sal ons verlief moet neem met die wyse waarop die waarheid vir ons gees ingefluister word.
Die tyd sal wel aanbreek dat ons sal oopbars soos ‘n pragtige blom wat die lieflike geure van die leringe in die wêreld om ons sal versprei en die geur sal die vermoeides lok om te ruik en hul te verbly in die leringe wat Vader in ons opgesluit het vir die regte tyd.
Tans is ons maar nog soos ‘n kleine blomknoppie wat vertroetel en bewaar moet word sodat ons kan blom op die regte tyd.

Die vermoë om voortdurend te waak en te bid en geduldig te wag vir die antwoord van Vader is dit wat ons anders maak want ons weet dat tyd in Sy hand is en dat ons maak klein voor Sy aangesig is.
Laat ons daarom volhard en nie moed opgee nie want in die Lorber geskrifte is daar tog vir ons ontsettend baie kosbaarhede opgesluit wat wag om ontdek te word deur hom wat volhard in sy soeke.Gelukkig het Vader dit goed gedink dat ek gereed is vir die volgende lering en ek het die lees van die geskrifte weer hervat en elke dag ontbloot Hy vir my nuwe waarhede en voed my siel met liefde.

Thursday, September 18, 2008

Marno se vergrote hart


Miskien net eers vertel wie Marno is. Dit is my kleinkind wat nou so 5 maande oud is.

Ons het so week lank vir die kinders en kleinkind gaan kuier. Hier in die middel van die week het die outjie so bietjie olik begin voel, tipiese griep / verkoue simptome. Ons het die naweek huistoe gekom en gedurende die naweek het die kinders die outjie hospitaal toe geneem. Hy is opgeneem en daar is x-strale geneem van sy borskas.
Die x-strale afdeling in die hospitaal word deur ‘n privaat praktyk bedryf en gewoonlik ken die mense hul storie en kan plate ook baie goed lees.

Die dokter aan diens het ook die plate gelees en gesê dat hulle die kleinkind dringend by die spesialis sal moet uitkry want op die x-strale toon dit dat hy ‘n erg vergrote hart het.

Maandag oggend 15 September het ek my seun gebel en hy was toe net oppad van die werk af om dringend die kleinkind deur te neem Pretoria toe na die hart spesialis.
Ek was geweldig bedroef deur die nuus en allerhande gedagtes gaan deur mens se verstand op daardie stadium soos hoe sal dit die outjie se lewe beïnvloed, wat sal sy lewens verwagting wees, sal hy normaal kan grootword.

Ek het toe besluit daar is maar net een uitweg en dit is om my te wend na my Vader wat Koning is van Hemel en Aarde en my droefheid na Hom neem en vra of Hy nie vir die kleinding ‘n wonderwerk wil doen nie.
Ek glo dat Vader die trane op ‘n oupa se gesig en in sy hart gesien het en medelye gehad het met my versoek om die kleinding gesond te maak.

Later die aand het ek van die kinders verneem dat die spesialis gesê het daar is nie ‘n teken van ‘n vergrote hart nie en dis net die een long wat nie lekker is vanweë die brongitis nie.

Toeval – verkeerde diagnose. Soos al voorheen vermeld glo ek nie aan toeval nie. Verkeerde diagnose – hoe is dit moontlik dat die x-strale afdeling en die dokter ‘n vergrote hart sien wat daar nie nou meer is nie? – Hoogs onwaarskynlik.
Ons Almagtige God is steeds ‘n God van wonderwerke en by Hom is niks onmoontlik nie – die vraag is net – is ons bereid om volkome in Hom te glo.
Ek het geglo en ek glo dat Hy ‘n wonderwerk verrig het met die kleinding se hart waarvoor ek Vader ewig dankbaar sal wees.

Dit het tyd geword dat ons sal bid en glo – dan sal die wonderwerke en genade van die hemele vir ons geopen word sodat ons die volheid daarvan sal sien en kan ontvang.

Dankie Vader dat U barmhartig en genadig is en U oor neig na die gebed van ‘n sondaar. Dat U steeds in hierdie dag en tyd wonderwerke verrig en U liefde openbaar aan hulle wat U in opregtheid opsoek.

Hartkloppings en ander verwante pyne

Nou ja, dit was lanklaas wat ek weer hier so ietsie geskryf het oor die lewenslesse wat ek in die loop van my daaglikse wandelinge ervaar. Moet vir geen oomblik dink daar het niks gebeur nie want elke dag is werklik soos ‘n nuwe ervaring en elke dag maak Vader my oë oop vir iets wonderliks wat Hy aan my gedoen het of my geleer het.

Die lewenspad waarop Hy my lei is soos ‘n kleuter wat sopas leer loop en alles wil verken en alles wil sien en ervaar. Elke dag, elke oomblik is vol nuwe ervaringe wat gevul is met die liefde en genade van die Ewige Barmhartige Skepper YHWH.

Donderdag 4 September, dit was so vroegaand, omtrent 8 uur of in daardie omgewing het ek geweldige pyn op my bors gehad. Die pyn was nie die normale soos met ‘n wind wat vassteek nie, die pyn het gepaard gegaan met geweldige hartkloppings wat ek ervaar het en was redelik voelbaar in my linkerarm.
Ek het daar my oë gesluit en vir Vader gevra om die pyn weg te neem want dit was vreeslik seer en het my baie benoud gemaak.
My vertroue het ek volkome in Hom geplaas om die pyn weg te neem want Hy het ons die krag gegee om dit te vra in die Naam van ons verlosser Yahshua.

Dit was binne sekondes en die pyn was weg – so asof ek geen pyn eers gehad het nie.
Nou dis nou hier waar die ongeloof van die menslikheid weer natuurlik inkom want ek kon dit skaars glo dat dit gebeur het maar die lofprysing en die vertroue het standvastig bly staan (dis glo ek is geskenk deur God en nie uit my eie krag nie)

Die pyn was weg maar die hartkloppings was steeds daar. Nou, vol vertroue in die krag van die Almagtige het ek weer God genader en gevra om asseblief die hartkloppings ook weg te neem want dit is baie onaangenaam en as die hartkloppings veroorsaak word deur iets wat ek verkeerd doen moet Vader dit asseblief aan my uitwys sodat ek daarmee kan breek.

Nodeloos om te sê, die hartkloppings het onmiddellik opgehou en tot op hede, dis nou twee weke het ek nog glad nie weer hartkloppings gehad nie. Ek is steeds besig met die soektog om te bepaal wat dit is wat ek moet vermy of laat staan. Maar tog is daar diep binne in die gees die wete wat die probleem is – die vertroue moet volkome wees in die Almagtige Skepper van Hemel en Aarde en getrou moet daar geluister word na Sy influisteringe en leringe en dan alleenlik sal ons die heerlikheid van Sy seëninge ervaar.

Ja, sekerlik sal daar baie wees wat sal sê, nee wat man dis maar bloot toevallig dat die pyn en die hartkloppings opgehou het – vir die wil ek sê – ek glo nie aan toevallig nie en vir my het Hy dit gedoen, ek hoef nie ander te oortuig nie want Hy het dit vir my gedoen omdat Hy my liefhet en my pyn aanskou het.

Miskien is die les vir ons almal hierin dat ons baie meer op Hom moet vertrou, dat ons na Vader moet gaan met al ons skete en kwale maar dan moet ons ook nie die lofprysing en die eer agterweë laat nie. Want Hy is nie soos die huisdokter wat ek net gou gaan soek wanneer ek Hom nodig het nie – dis ‘n lewenslange verhouding van waaragtige liefde, vergiffenis en genade wat Hy aan ons openbaar en daarom moet ons Hom opreg liefhê met ons gebreke en al.

Weereens sal ek Vader altyd bedank vir dit wat U aan my doen en gedoen het Vader want U is my bruidegom wat ek verwag met ‘n groot verlange wanneer U my kom haal. Hoe sien ek tog nie uit na die heerlik bruilofsmaal wanneer U my sal omvou in U arms en my klee in die Heerlikheid van U genade.

Monday, August 18, 2008

Genade aan ons.


Vader YHWH in ons hart is daar die voortdurende verlange na U maar hoe moeilik is dit tog nie om dit te omskryf nie. Dit is nie die verlange soos na ‘n vriend of na ‘n vrou of na ‘n kind nie. Dis is ‘n volkome verlange soos iemand wat afgedwaal het en nou in duisternis vasgevang is. Die nabyheid van U, dit gee Lig, dit verlig, dit deurskyn die siel en maak ons ‘n ligwese soos U, Vader.
Dis is ‘n oer oue verlange wat diep in die hele wese gesetel is. Dis nie net soos die gewone verlange wat gevoel word in die hart nie maar omvang die hele wese van my as mens. Elke sel van my, elke gedagte verlang na die volheid van U Glansryke nabyheid, Vader.

Ek is onvolledig mens sonder die volkome nabyheid van U, maar besef ook dat die volkome nabyheid en liefde nie vir hierdie aardse bestaan beskore is nie.

Wanneer ons weer vereenselwig is met U in U Koninkryk sal ons slegs eers weer die volheid van die volkome liefde en nabyheid kan smaak.

Vader, ons is vasgevang in hierdie aardse liggame waarin ons ‘n sekere taak moet vervul. Steeds is die taak vir ons nog nie baie duidelik nie maar soms sien ons soos deur ‘n wasigheid waarheen ons opdrag lei. Naamlik: om die verlore siele te vertroos en naby te staan in die tye wat vir ons voorlê. Sodra ons dink dat ons die prentjie heeltemal verstaan word die gordyn van wasige geheimenis weer voor ons oë toegemaak.

Vader, deur die voor kennis wat U ons skenk weet ons dat die taak groot gaan wees maar dat U ons die krag sal gee om te getuig van die Ewige Glansryke God. Ons mond sal U open om te spreek die woorde wat U in ons mond lê.

Sommige woorde sal van vertroosting wees om die medemens te vertroos in hul smarte en die liefde genade weg van YHWH aan hul te openbaar.

Stellig sal daar ook die wees wat sal spreek teen die booshede van die wêreld en sy nuwe leiers wat die mensdom met verleiding die afgrond sal inlei sonder dat daar iemand is wat red.

Vader, selfs hier lig U soms die sluier om te sien in die verborgenheid, al is dit soms net vlugtig en miskien ook vir goeie rede.

Want dit wat voorlê vir U kinders is ‘n grusaamheid wat ongekend sal wees aan die “moderne” beskawingspeil van die mens.
Soos ‘n wrede dier sal hul jag maak op U kinders en hul liggame oorgee om verskeur te word deur hulle wat belas is met die gees van die duisternis.
In strate sal die bloei vloei van die regverdiges te midde van die gejuig van die mense kinders omdat hulle wat veroordeel het nie meer kan oordeel nie.

Die angel van die “gestuurdes” sal hulle nie meer teister nie maar die bloed sal getuig van hul geregtigheid en voortdurend roep tot die lewende God van Hemel en aarde wat die bloed sal eis van die hande van hul moordenaars.

Gee ons krag YHWH om staande te bly te midde van dit wat vir ons voorlê want so is dit bestem.

Wat sal dan tog die prys van my lewe wees voor U aangesig te midde van U ewige reddende genade. Waarvoor sal ons bang en benoud wees terwyl ons staan in die teenwoordigheid van die Ewige.

Die rede vir die wasigheid voor die prentjie – sodat U dienskneg nie onnodig te benoud raak nie want op die regte tyd sal U aan ons die krag skenk om die onafwendbare te deurstaan sonder benoudheid of vrees.

Dankie YHWH dat U genadig en barmhartig is, Vader skenk my die volheid van geloof om nooit te twyfel of vervaard te raak nie maar om ons volle en vaste vertroue te plaas in die hand van die Lewende en Waaragtige Skepper van hemel en aarde.

Wednesday, August 6, 2008

Ons Liggaam – Die Tempel


Ons lees in die Skrif dat ons liggame ‘n tempel is vir Yahweh. Ons moet dit stel as ‘n welgevallige offer aan God. Dit is die plek waar die Heilige Gees woon.

1Kor 6:19 Of weet julle nie dat julle liggaam ‘n tempel is van die Heilige Gees wat in julle is, wat julle van God het, en dat julle nie aan julself behoort nie?

Rom 12:1 Ek vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van God, dat julle jul liggame stel as ‘n lewende, heilige en aan God welgevallige offer dit is julle redelike godsdiens.

Vanuit die twee bogenoemde skrif gedeeltes is dit baie duidelik dat ons liggame ‘n offer en tempel van die Lewende God is.

Derhalwe is dit seker noodsaaklik om onsself ‘n paar belangrike vrae te vra omtrent die tempel waarmee ons rondloop.

Om ons liggame in perspektief te plaas met die aardse, waaraan ons gewoond is, kan ons dit vergelyk met die gemeente of tradisioneel die kerk. Die meeste mense beskou dan ook die kerk as die tempel van samekoms.

Sou ons dan nou ‘n vergelyking maak tussen ons liggaams tempels en die tempel van samekoms behoort daar mos sterk ooreenkomste te wees tussen die twee, sodat beide herken kan word as tempels.

Daar is algemene reëls wat geld ten opsigte van tempels van samekoms en die reëls spel tog uit wat nie gedoen mag word in en aan die plekke nie (baie van die reëls is ongeskrewe en word as vanselfsprekend aanvaar).
Kom ons kyk na die volgende:

Geeneen sal tog kliphard vloek in die kerk nie.
Niemand gaan sit en dobbel in die kerk nie.
Niemand gaan ‘n sigaret aansteek en sit en rook in die kerk nie.
Niemand gaan sit en suip in die kerk nie.
Niemand gaan sit en skinder van die ander mense in die kerk nie.
Niemand gaan by ander vroue of mans aanlê in die kerk nie.
Niemand gaan ‘n ander een te lyf gaan in die kerk nie.
Niemand gaan op die kerk mure graffiti skryf of tattoo’s plak nie.
Niemand sal binne die kerk die Almagtige God se naam ydellik gebruik nie.

Hierdie is maar net ‘n paar, maar dis besliste nee-nee’s om te doen in die kerk of gemeente.

Sal jy dit doen???

Gedink die antwoord sal nee wees, want hoe kan iemand so iets doen in die gemeente of kerk – wat sal die mense daarvan sê – ek sal my dood skaam om so iets te doen.

Maar tog doen ons dit elke dag in en aan die tempel wat God aan ons gegee het naamlik ons liggame. Ons is skaam wat ons voor die mense doen maar ons het geen skaamte voor God nie – hoe werk dit?

Daar moet tog ooreenkomste wees tussen die twee tempels nie waar nie?

Het ons meer respek vir die tempels wat gebou is van klip en sand as die wat die Ewig Lewende Yahweh aan ons gegee het?

Dink volgende keer baie mooi na oor jou liggaam en behandel dit soos die tempel waarin die Heilige Gees woon.

Wednesday, June 4, 2008

Xenophobia

Volgens die woordeboeke: ‘n vrees of haat vir vreemdelinge of volksvreemdes.

Die afgelope Sondag is die eerste kleinkind gedoop en die predikant se preek het gehandel rondom xenophobia.

Die predikant is maar aan die liberale kant en het nie ‘n probleem met volks vreemdes nie.
Die kerk waarvan hy predikant is het ook nie ‘n probleem met ander volke nie en is tans in die proses om met hul saam te smelt. Die verbastering van wit en swart word as ‘n natuurlike proses aanvaar sonder enige veroordeling daarvan.

Hy het voorgelees uit Efesiërs hoofstuk 2.
Hieruit het hy probeer bewys dat ons almal een is en dat die middelmuur verwyder is tussen die besnede en die onbesnedene. Die gedeelte word dan ook aangewend om te beweer dat die Israeliet en die nie-Israeliet nou dieselfde is. Hy gebruik net die term Jodd en Nie-Jood)

Ongelukkig verstaan die mense nie die begrip besnedene en onbesnede nie want die onbesnedene in die spesifieke gedeeltes van die Skrif verwys na die tien verlore stamme wat in ballingskap weggevoer is na Assirië en wat later daarvandaan weg beweeg het na die Europese lande toe. Die besnydenis onder hulle het in onbruik verval en daarom is daar na hulle verwys as die onbesnedenes of heidene.

Gedurende sy preek het ek maar redelik vies geraak vir die predikant knapie want ek kon duidelik die sinspeling van vrede en broederskap met alle volke agterkom wat hulle verkondig.

Maar agterna moes ek weer gaan terugsit en dink – Siener se voorspelling van al die volksvreemdes wat in Suid Afrika gaan vergader, in die wit tente in die Karoo. Hoe gaan ons optrede teenoor die volksvreemde volksgenote wees. Sal ons hulle met ope arms ontvang as mede Israeliete of sal ons ou koeie uit die sloot grawe soos dit wat hulle ons voorouers alles aangedoen het bv. die Engelse.

Gaan ons ook xenophobies raak of gaan ons hulle ontvang met die liefde en ontferming soos wat Yahshua van ons vereis.

Sal ons kan vergewe en vergeet?

Sal ons ons mede Israeliet broers met ope arms in ons midde verwelkom?

Mag Yahweh ons leer om onvoorwaardelik lief te hê en die hand van vriendskap en hulp uit te steek na ons mede Israeliet broer en suster.

Monday, May 19, 2008

Pasga Reën se Seën


Ek het nou alreeds vertel van die Week van Ongesuurde Brode wat vooraf gegaan word deur die Pasga.
Dit is vir my seker die belangrikste fees en het elke keer so geweldige betekenis vir my as sondaar wat gered is deur die bloed van ons Enigste Middelaar, Yahshua.
Die grootste geskenk wat enige iemand my nog ooit kon gee – die Ewige Lewe – wat niks of niemand van my kan wegneem nie.

Die jaar was ‘n effense teleurstelling omdat ek allenig die Pasga moes vier, vriende wat dit saam sou kom vier moes op die nippertjie onttrek vanweë ander verpligtinge en my een seun wat die Pasga gewoonlik saam met my vier was in die koshuis.
In elk geval – niks sou my van stryk bring om die Pasga te vier nie omdat die brood en die wyn so ‘n verblydende boodskap vir my inhou veral in die dae ook waarin ons leef.

Miskien moet ek dalk eers verduidelik hoe ons die Pasga vier. Daar word die dag voor die son sak ‘n vertrek in die huis of woonstel voorberei vir die Pasga. Tafel met stoele, die waskom vir die voete en handdoeke. Die ongesuurde brode word gemaak en die wyn in die beker gegooi en op die Pasga tafel geplaas.

Die Pasga word geopen met gebed en sang waarna die persoon wat die Pasga lei voorlees uit toe Skrif hoe Yahshua die voete van Sy dissipels gewas het tydens die laaste Pasga maal. Die voorganger begin dan om die persoon langs hom se voete te was in die wasskottel en af te droog. Die persoon wie se voete gewas is was weer die een langs hom / haar se voete en so gaan ons in die rondte totdat almal se voete gewas is.
Tydens die seremonie word die les ook geleer dat die een persoon nie belangriker as die ander is nie en dat ons daar is om mekaar te dien soos Yahshua ook Sy dissipels gedien het deur die gebaar.

Daarna word die Pasga voorgesit met die breek van die brood en die drink van die wyn.

Tydens Pasga die jaar terwyl ek so by myself sit en die opening van die Pasga doen deur gebed en sang (by myself – gelukkig was daar niemand anders wat kon kla dat my sang vals is nie en ek weet my Vader gee nie om nie want Hy sien tot hier diep in my hart), het ek gewonder hoe nou gemaak met die voete was seremonie want dit is net ek alleen.

Toe dit by die voete was seremonie kom het dit skielik begin reën en ek moes gou hardloop om skottels te gaan neersit omdat daar een plek in my kuier area is waar die dak redelik kwaai lek. (Die Pasga het ek die jaar gehou in die woonstel op die erf aangesien dit nou eers leeg is en dit baie lekker en ideaal is vir die Pasga.)
Ek het maar baie vinnig gehardloop en die skottels gaan neersit en was innerlik bietjie ontsteld omdat die reën eintlik nou inbreek gemaak het op die Pasga viering en my aandag daarvan afgetrek het.

Met die bakke geplaas onder al die lekke, hardloop ek weer terug woonstel toe en so paar tree voor die woonstel se deur stop ek skielik en daar is ‘n groot waardering vir die reën wat op my kop, gesig en hele liggaam val.
Skielik besef ek - maar dit is Vader se voete was seremonie vir my – deur Sy reën was Hy nie net my voete nie maar my hele liggaam.

Die woorde van Petrus aan Yahshua soos opgeteken gevind in:
(Joh. 13:9) Simon Petrus sê vir Hom: Yahshua, nie net my voete nie, maar ook die hande en die hoof.
het skielik vir my nuwe betekenis gekry.

My verlosser het op die Pasga nie net my voete gewas nie maar ook die hande en die hoof.

Nodeloos om te sê – al was ek alleen die Pasga was dit ‘n wonderlike ervaring en ook ‘n versekering dat daar waar ons of ek allenig besig is om Hom te dien, daar is ek nooit alleen nie.

Prys Sy wonderlike naam vir wonderdade wat Yahweh steeds vandag nog aan ons doen.

Wednesday, April 23, 2008

Week van Ongesuurde Brode en die Hamburger Buns

Die week vanaf Saterdag (19 April 2008) aand na sononder tot Saterdag (26 April 2008) sononder is die week van Ongesuurde Brode. Die week volg direk op die Pasga wat plaasgevind het na sononder op Vrydag 18 April 2008.

Gedurende die week mag jy geen produkte met suurdeeg in gebruik nie en slegs ongesuurde brood word ge-eet (sien Exod 12 : 20 en 1 Kor 5 : 7)
Die les hierin is dat die mens die suurdeeg (die sonde) uit sy lewe moet kry want soos Yahshua ons geleer het is dat 'n klein bietjie suurdeeg deurtrek vinnig die hele hoop deeg en so is dit ook met sonde in ons lewe. 'n "Klein" sondetjie deurtrek baie vinnig ons hele lewe en daarom is daar nie 'n ding soos 'n klein of groot sonde nie - as jy aan een gebod skuldig is het jy die hele wet oortree.

Jammer, ek moes net eers so bietjie agtergrond gee ten einde die strekking van die les te verstaan.
Ek is die tans die enigste in my huishouding wat die week van Ongesuurde Brode onderhou en gisteraand het ek vinnig vir almal kos gemaak. Die besluit was maklik - hamburgers - dis vinnig, maklik en min skottelgoed (dis mos hoe ons mans dit doen, as jy alles in een pot kan maak des te beter - ek dink die rede daarvoor is omdat ons nie kan multi task nie en dis makliker om een pot dop te hou op die stoof as 5)

Nadat al die patties en uie klaar gebak en gebraai is het ek die burgers net aanmekaar geslaan - die 2 seuns het eers rondgeloop (was eintlik verbaas want gewoonlik kan hulle mos nie wag vir die kos nie - klink mos met elke ete of hulle 'n jaar laas kos gehad het) en ek het hulle sin in die mikrogolf gebêre. Die vrou sin vir haar gegee. Ingedagte het ek begin om myne te maak en net voordat ek die buns sny besef ek maar dit is die week van Ongesuurde Brode en kan nie die buns gebruik vir my hamburgers nie.
In der haas het ek maar gou vir my ongesuurde broodjies gemaak om vir my hamburgers daarmee gemaak.

Later terwyl ek mooi oor die gebeure nadink het die volgende les daaruit vir my na vore gekom:
Die werkery met die ander se buns vir hulle burgers het my laat dink dat ons elke dag omring is deur die sondes en dit is so naby soos slegs 'n verkeerde gedagte. Ons moet voortdurend op ons hoede wees dat die sondes ons nie onbewustelik oorval terwyl ons so ingedagte besig is met die wêreldse dinge nie want dit kan so maklik gebeur - soos wat ek amper vir my burgers gemaak het met die gewone buns. Dit sou soveel makliker gewees het as om eers ongesuurde brode te maak vir my burgers. Maar die lewe gaan nie oor die maklike keuses nie maar oor die regte keuses.
Vader het in Sy grote wysheid aan ons die gawe gegee om keuses te maak - ons kan kies om te sondig of nie. Die bewys van ons liefde vir Hom lê in die keuse wat ons maak.
Ons kan nie tydens ons aardse bestaan van die sonde ontvlug nie maar ons kan die keuse maak om nie daaraan deel te hê nie.
Die lesse word soms op snaakse wyses aan ons oorgedra maar daar is groot dankbaarheid dat Sy stem nie stil is in ons siel nie.